ⓘ Josjkar-Ola

                                     

ⓘ Josjkar-Ola

Josjkar-Ola is die hoofstad van die Republiek van Mari El, ’n federale deelgebied van Rusland. Die rivier Malaja Koksjaga loop deur die stad. Die bevolking in 2014 was 260 352.

                                     

1. Name

Josjkar-Ola beteken "Rooi Stad" in die Mari-taal. Dit is die stad se derde naam. Voorheen was dit bekend as Tsarjowokoksjaisk Царёвококшайск en van 1919 tot 1927 as Krasnokoksjaisk Краснококшайск. Dié name is afgelei van die Malaja Koksjaga-rivier.