ⓘ Kostroma

                                     

ⓘ Kostroma

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Kostroma-oblast.

Kostroma is ’n historiese stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Kostroma-oblast. Dit is by die samevloei van die Wolga- en die Kostroma-rivier gelee en is deel van die Goue Ring van historiese nedersettings, wat stede soos Wladimir en Soezdal insluit. Die bevolking in 2013 was 271 445.

                                     

1. Geskiedenis

Die stad word die eerste keer in die Russiese Primêre Kronieke vir die jaar 1213 genoem, maar historici glo dit kon meer as ’n halfeeu vantevore deur Joeri Dolgoroeki gestig gewees het. Dit is in 1238 deur die Goue Horde verwoes. Die prins was toe Wasili van Kostroma, jonger broer van die beroemde Aleksander Nefski. Dit is later deur Iwan I van Moskou gekoop.

As een van die mees noordelike stede van Moskowie het dit gedien as skuilplek vir prinse toe Moskou in 1382, 1408 en 1433 aangeval is. Boris Godoenof het die Ipatijef-klooster in stene laat herbou. Dit is net betyds voltooi om die verhoog te wees vir van die mees dramatiese gebeure van die Tyd van Beroeringe.

Die eerste tsaar van die Huis van Romanof, Michail, het ook as kind in dié klooster gewoon. Dit is hier waar hy die leierskap van Rusland in 1612 aangebied is. Dit het deur die jare ’n sagte plek in die harte van die Romanof-heersers bly beklee en is deur talle van hulle besoek. ’n Houthuis van Michail Romanof bestaan vandag nog in die klooster.

                                     

2. Eksterne skakels

  • Fotos van die stad se argitektuur
  • Virtuele toer
  • Stadskaart
  • Kostroma
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kostroma.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia