ⓘ Joezjno-Sachalinsk

                                     

ⓘ Joezjno-Sachalinsk

Joezjno-Sachalinsk is die hoofstad van Sachalin-oblast, Rusland, wat Sachalin-eiland en die Koerile insluit. Die bevolking in 2013 was 190 227. Dit was van 1882 tot 1905 bekend as Wladimirofka en van 1905 tot 1946 as Tojohara.

                                     

1. Geskiedenis

Die stad was aanvanklik ’n klein dorpie met die naam Wladimirofka wat in 1882 deur gevangenes gestig is. Ná die Russies-Japannese Oorlog van 1904–1905 is die suidelike deel van Sachalin-eiland aan Japan toegeken en Wladimirofka is hernoem tot Tojohara.

Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog is die Japannese deel van Sachalin-eiland deur Sowjet-troepe beset. Die stad het deel van die Sowjetunie geword en is Joezjno-Sachalinsk genoem.

Vanwee groot beleggings deur oliemaatskappy in veral die noordelike deel van die eiland, het dit aansienlik gegroei. Die aanvraag na natuurlike hulpbronne deur Japan, China en Suid-Korea verseker dat die eiland nog lank gaan vooruitgaan.

                                     

2. Eksterne skakels

  • Geskiedenis en
  • Amptelike webtuiste ru
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Joezjno-Sachalinsk.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia