ⓘ Nowotsjerkassk

                                     

ⓘ Nowotsjerkassk

Nowotsjerkassk is ’n stad in die Rostof-oblast in Rusland. Dit is op die regteroewer van die Toezlof-rivier en aan die Aksai-rivier gelee. Volgens die 2014-sensus het die stad 173 400 inwoners.

Dit is in 1805 deur Matwei Platof gestig as die administratiewe hoofstad van die Don-Kosakke-leer toe die inwoners van die stad Tsjerkassk verplig was om dié dorp aan die oewers van die Don-rivier te ontruim weens voortdurende oorstromings.

Tydens die Russiese Burgeroorlog was Nowotsjerkassk letterlik "Nuwe Tsjerkassk" die middelpunt van die Don-Kosakke se teenrewolusie. Die Rooi Leer het die Wit Leer op 7 Januarie 1920 uit die stad verdryf. In 1962 is die plaaslike kosopstande wreed deur die Sowjet-weermag onderdruk in wat bekend geword het as die Nowotsjerkassk-slagting.