ⓘ Nowokoeznetsk

                                     

ⓘ Nowokoeznetsk

Nowokoeznetsk is ’n stad in Kemerowo-oblast in Rusland met ’n inwonertal van 550 213. Dit is sowat 3 000 km oos van Moskou gelee.

                                     

1. Geskiedenis

Die stad is in 1618 gestig deur die inwoners van Tomsk as ’n Kosak-fort aan die Tom-rivier en is aanvanklik Koeznetsk Кузне́цк genoem. Fjodor Dostojefski is in 1857 hier met sy eerste vrou, Maria Isajewa, getroud. Josef Stalin se vinnige industrialisasie van Rusland in die 1930s het die rustige dorp in ’n groot steenkoolmynbou- en nywerheidstad verander. Van 1931 tot 1932 was dit bekend as Nowokoeznetsk en van 1932 tot 1961 as Stalinsk Ста́линск ter ere van Stalin.