ⓘ Rostof aan die Don

                                     

ⓘ Rostof aan die Don

Rostof aan die Don is n stad in Rusland wat in 1749 gestig is. Dit is die hoofstad van die Rostof-oblast en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van Suid-Rusland, met n bevolking van 1.13 miljoen in 2018. Dikwels word na Rostof, wat sowat 960 km suid van Moskou en 46 km vanaf van die Don se monding in die See van Azof gelee is, verwys as die "Poort tot die Kaukasus". In die tydperk van die Tsareryk was Rostof n belangrike handelspilpunt in die suide en n belangrike militêre pos tydens die oorloe teen die Ottomaanse Ryk.

n Ander bynaam, wat aan die stad gegee is, is "Hawestad van die vyf see" - n verwysing na die kanaal wat die Don met die Wolga verbind en sodoende toegang verleen tot vyf see: die See van Azof, die Swartsee, die Kaspiese See, die Witsee en die Oossee.

Die stad was op 19 Maart 2016 in die nuus nadat n Boeing 737-800 van die lugredery FlyDubai tydens landing daar neergestort het. Al 55 passasiers en ses bemanningslede is op slag dood. Die meeste van die passasiers aan boord van Vlug FZ981 was Russe.

                                     

1. Susterstede

  • Odessa, Oekraïne
  • Pleven, Bulgarye
  • Mobile, Verenigde State
  • Toronto, Kanada
  • Antalya, Turkye
  • Gera, Duitsland
  • Le Mans, Frankryk
  • Kajaani, Finland
  • Glasgow, Verenigde Koninkryk, Skotland
  • Dortmund, Duitsland
  • Jerewan, Armenie
  • Volos, Griekeland
  • Cheongju, Suid-Korea