ⓘ Nowosibirsk

                                     

ⓘ Nowosibirsk

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Nowosibirsk-oblast.

Nowosibirsk is die derde grootste stad in Rusland na Moskou en Sint Petersburg en die grootste stedelike nedersetting in Siberie met n bevolking van meer as 1.6 miljoen in 2019. Nowosibirsk, wat as setel van die gelyknamige administratiewe streek of oblast en as Siberie se industriele, wetenskaplike en kulturele sentrum dien, het sy stigting in 1893 aan die destydse grootskaalse uitbreiding van die Russiese Tsareryk se spoorwegnet te danke. n Brug van die Transsiberiese Spoorweg oor die Ob-rivier, wat hier byna een kilometer breed is, was die beginpunt van n vinnige stedelike groei. Tans is daar in die stadsgebied ses brûe oor die Ob.

Die huidige stad se bakermat was n klein nedersetting aan die Ob se linkeroewer, Kriwosjtsjekowo, wat as geskikte bouplek vir n spoorwegbrug geag is. Naby die dorpie het n werkerskamp ontstaan. In 1895 is die nuwe nedersetting ter geleentheid van tsaar Nikolaas II se troonbestyging Nowonikolajefsk genoem. Twee jaar later is die spoorwegbrug voltooi, en reeds in 1903 is stadstatus aan die snelgroeiende nedersetting toegeken. In 1926 is die stadsnaam gewysig na Nowosibirsk.

Nowosibirsk se industriele sektor het gedurende die Tweede Wêreldoorlog sterk groei ervaar namate nywerheidsaanlegte ná die Duitse aanval op die Sowjetunie ooswaarts na Siberie verskuif is. Ook baie kunsskatte uit Moskou is hier in veiligheid gebring en tot die einde van die oorlog gestoor.

Stadsbeplanners het Nowosibirsk van bree strate en buitengewoon groot pleine voorsien. Die hoofstraat Krasni-prospekt is sowat 10 km lank. Hier is die grootste operahuis in Eurasie gelee met n oppervlakte van 65 000 m².

                                     

1. Susterstede

  • Changchun, Volksrepubliek China 1994
  • Daejeon, Suid-Korea 2001
  • Minneapolis-St. Paul, VSA 1989
  • Minsk, Wit-Rusland
  • Doncaster, Verenigde Koninkryk
  • Sapporo, Japan 1990
  • Warna, Bulgarye 2008
                                     

2. Eksterne skakels

Wiki-webtuistes
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nowosibirsk.
Media
  • YouTube.com: Vadim Makhorov - Novosibirsk, Siberia 2018 hommeltuigopnames in 1080p
Koerantberigte
  • de Neue Zürcher Zeitung NZZ, 18 November 2017: Nowosibirsk wagt den Aufbruch aus der Mitte Sibiriens