ⓘ Oefa

                                     

ⓘ Oefa

Oefa is die hoofstad van Basjkortostan, n outonome republiek in die Russiese Federasie, met n bevolking van sowat 1.1 miljoen. Oefa, wat in 1574 gestig is, is 1 340 km suidoos van Moskou gelee.

                                     

1. Administrasie

Die administrasie van stad Oefa word in sewe distrikte verdeel bevolkingsgetalle van 2010:

  • Sowetski Советский, 166 449
  • Djomski Дёмский, 55 230
  • Ordschonikidsewski Орджоникидзевский, 176 877
  • Kirowski Кировский, 130 880
  • Lenin Ленинский, 76 288
  • Kalininski Калининский, 195 818
  • Oktyabrsky, Октябрьский, 229 270

Etlike landelike nedersettings met n inwonertal van 7288 val ook onder die stad se administrasie, sodat die totale bevolking van die stedelike distrik van Oefa 1 038 100 is.

                                     

2. Demografie

Bevolkingsamestelling

Oefa het in 2013 n bevolking van 1 077 719 gehad. 54.2% is Russe, 27% Tartare, 11.3% Basjkiriers, 2.6% Oekraïners, 1.1% Tsjoewasjiers, 1% Mari en n verskeidenheid kleiner minderhede 2002.