ⓘ Kolomna

                                     

ⓘ Kolomna

Kolomna is n stad in die Russiese Federasie met 144 707 inwoners. Die antieke stad is in die Moskou-oblast, gelee by die samevloei van die Moskwa- en die Okarivier. Die stad is in 1177 gestig. Dit is tans die administratiewe sentrum van die Kolomenski-distrik van die Moskou-oblast.

Soos baie antieke Russiese stede het Kolomna n kremlin, wat n fort is soortgelyk aan die meer beroemde een in Moskou dit is ook uit rooi bakstene gebou. Die kremlin was n onderdeel van die Groot Abatis-grens, n reeks forte wat gebou is om die Tsaredom van Rusland teen invalle van die Krim-Tatare te beskerm. Verskeie torings en twee stukke muur het behoue gebly en is in n goeie toestand; n museum is binne-in gelee.