ⓘ Oeglitsj

                                     

ⓘ Oeglitsj

In die eerste derde van die 18de eeu is die Kremlinkatedraal en sy kenmerkende kloktoring afgebreek en herbou. Ook verskeie ander kerke dateer uit die 18de eeu. Die belangrikste godsdiensgebou uit die 19de eeu is die Teofanieklooster van 1853.

Die moderne dorp het ’n bekende horlosiefabriek gehad wat nou gesluit is. Dit het ook ’n spoorwegstasie, ’n hidroelektriese kragsentrale en ’n kabelfabriek. Stalin se besluit om die Oeglitsj-reservoir te laat bou het daartoe gelei dat die dorp se buitewyke oorvloei is.